Bestellings & Koerier

Dankie dat jy hier is en deel in my opgewondenheid oor Die Voorskoot Projek 2.0

Hier is alles wat jy moet weet: 
1. Alles voorskote en snyborde word gekoop op bestelling. Ek het ongelukkig geen bestaande voorraad wat reg is om uitgestuur te word nie. Elke voorskoot en snybord word met liefde en aandag (en met die hand) gemaak vir die persoon wat dit bestel het.

2. Bestellings bly oop tot en met Donderdag 27 November 2025. 
Van daar af word daar gestik en gesaag om alle bestellings uit te stuur teen 16 Desember 2025. (Indien daar vir enige onvoorsiene rede n vertraging is sal jy persoonlik per epos laat weet word.)

3. Aangesien elke item gemaak word op bestelling, is daar ongelukkig geen terugbetalings, kansellasies of omruilings nie.